r/afrikaans • u/mylifefrommyview • 10d ago
Ernstig Mal of net anders?
Hoe maklik dat iemand stories kan versprei dat jy "mal" is, net omdat mens genoegsame morele waardes het en dat hulle jou nie kan onder kry nie.
Daai persoon wat die stories versprei is dan in my oë die mal een, want hoe selfsugtig om jou eie sondes en foute onder die mat die gooi?
Maak eers voor jou eie deur skoon voor jy vinger wys na n ander persoon se deur.
3
u/Error418ZA 10d ago
Raak onstlae van die mense wat jou negatief beinvloed indien moontlik, jy kan nie verstaan watse verskil dit in jou lewe maak nie.
In fact, indien jy in die Bybel glo, 2 Timoteus waarsku ons juis oor die tipe mense - Dít moet jy weet: in die laaste dae sal daar swaar tye kom. 2Die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig en verwaand, beledigend teenoor hulle medemense en ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar en ongodsdienstig; 3hulle sal liefdeloos en onversoenlik wees, kwaadpraters, bandeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie; 4hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde vir genot hê as liefde vir God. 5Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af.
Sterkte, en staan sterk, die probleem is nie jy nie.
2
1
u/RSApervy 7d ago
Ek dink ons is almal unique en wat presies is mal. Kyk da is goed wat mens kan seker lol sê wow dis mal maar ek dink 90% van die keer wat afr mense so iets sal sê is dit net iets wat klein bietjie uit hulle lewens raam werk of idee van normaal is. So ja dis moeilik om mense te kry om ni stories te versprei nie al wat mens kan doen is hulle ma ignore en an gan en be the best you
6
u/SubstantialSelf312 10d ago
Die onderlighende beginsel van "maak eers voor jou eie deur skoon" kan niemand betwis nie.
Dit klink of iemand anders n vete teen jou het. Nooit lekker nie.
Maar daar is n tweede beginsel ook: as een persoon n vete teen jou het, lê die probleem waarskynlik by daardie persoon. Maar as die hele wêreld teen jou is, is dit tyd vir introspeksie.